Kosbare Pêrel Woordskole:
Genesis: Jakob - Die Vyand in My Verslaan
(This MP3 audio download is only available in Afrikaans.)
(Genesis 25 - 35)
Hierdie openbaringswoord is vol verassings en handel oor 'n baie onbekende geestelike beginsel: nl. die seën van die eersgeborene. Gedagtig daaraan dat Jesus die Eersgeborene van die Skepping en uit die dood is, raak dit ons direk as die Bybel ons die gemeente van die eersgeborenes noem.
Die vlees en duiwel sal alles probeer om u uit u seën (geestelike outoriteit, rentmeesterskap, priesterrol ens.) te werk. Hier word die vlees ontmasker! U kan nie u seën terugkoop of verdien nie! Gewoonlik gaan mens met jou God deur 'n "Jabbok - krisis" alvorens jy in jou volle erfenis kan leef!
In die plek van al u "regte" waarvan u moet afstand doen as 'n gelowige, is daar wel een wat u moet opneem en wat u blywende reg is, nl. u eersgeboortereg.
Dit gee ook duidelike inhoud aan die eerste seën wat God op die eerste mens, en dus mensdom gelê het.
Die mooiste rok, blinkste Ferrari en hoogste gebou, was vooraf ontwerp. Elke ontwerp moes voldoen aan die wette, reëls, doelwitte en funksies van die betrokke voorwerp. Elkeen moes 'n skepping wees op sy eie, 'n nuwe kunswerk en pronkstuk.
Net so het God mense aanvanklik geskape, elkeen uniek, elkeen volkome vir elke goeie werk toegerus.
Die Eersgeboorte reg en Eersgeboorte seën mag vir u vreemd klink, maar is eintlik niks anders as 'n identiteitskaart, ontwerp of bloudruk van u eie uniekheid nie. Hierdie stof tref mens onverhoeds en is 'n totale verrassing.
Hierdie materiaal is nie leerstellig van aard nie, maar vir alle Christene.
Dit is spesifiek ingekleë vir kleingroepe in halfuur sessies.
Ons raai u vriendelik aan om na die gratis vyf minute uittreksel te luister, en as u hou van wat u hoor, sal u hierdie woordskool opname koop en met ander deel.
Druk nou op die "Add to basket" knoppie om dadelik toegang tot hierdie elf halfuur sessies te kry. Dit maak nie saak waar in die wêreld u op die oomblik is nie. Nadat u betaal het vir hierdie audio opnames, kan u dit maklik en vinnig aflaai op u rekenaar, en dit dan na u MP3 speler of iPod oorplaas vir maklike gehoor genot.